7 April Klein Treetjies Kleuterskool saam met Woordsake.

Dit was sommer baie pret om in die April vakansie by Klein Treetjies kleuterskool te gaan bedien.  My hele gesin het saam bedien;  vanaf klein Zoey wat saam voor dans en Bernard wat ysbrekers en tussen items doen en Lizette wat die klank behartig.
Ons het die kleintjies geleer hoe kosbaar elkeen van hulle is en 'n paar beginsels van die Projek Forward It CD's met hulle gedeel.  Ek weet sommer hierdie kleintjies gaan 'n voorbeeld vir hul ouers en baie grootmense wees van hoe oulike kinders van die Here optree.