3 April Mosaïek Paasfees.

Op Goeie Vrydag het ons gesin gaan deel in die vreugde by Mosaïek gemeente in Randburg se Paasfest. My eerste sessie was ‘n opelug aanbieding met feesgangers wat op die bankies met hul gesinne kuier op die Piazza. Ons het heerlik saam gesels oor Kaneel en om interaksie te bevorder het ek hierdie sessie amper soos ‘n TV kompetisie aangebied met tonne pryse en pret. Dit was lekker om ouers te ontmoet wat weer met oorgawe hul ouerskapstaak gaan aanbied.
‘n Paar uur later het ons in die kindersaal (Genesis 5)  ‘n interaktiewe kinderprogram  saam met Kenny Killian en Jaques Naude aangebied, terwyl die ouers vry was om verskeie vertonings van die kunstefees by te woon.  Die kinders het die musiek en grappies uitermatig geniet.  Die drie ure sessie het sommer soos enkele minute gevoel en hopeloos te vinnig verby gegaan.
Baie dankie aan Raymond Nel en jou span vir ‘n skitterende program en vyfster behandeling.