22 April Freedom Feet

Op 22 April het my vriende van Freedom Feet by Laerskool Kameelfontein kom kuier.  Hierdie groep is een van ons land se beste Hiphop dansgroepe en bedien met breakdancing, kragtige getuienisse en gebede.
Toe hulle hoor van die optrede by my kinders se skool het hulle dadelik uitgevind of ou Norman ‘n paar items saam met hulle kan doen en die ja-woord gekry.  Dit was sommer vet pret om die voortou te neem met ‘n hele hiphopspan saam met my en ‘n saal vol opgewonde kinders voor my.
Ek en die leier, Luan, het verder saam bedien en spontaan stories en getuienisse gedeel.  Elke kind was aangeraak en geïnspireer.  Luan het afgesluit met ‘n rapliedjie oor die mikrofoon waar hy die kinders geleer het om nie nonsense van die ou vyand te vat nie.
Die skool het sommer baie blikkies kos ingesamel vir Freedom Feet se anti-dwelmprojek om mense van die straat af te hou.  Almal is uit hul sokkies geseen.