13-18 April Kyknet uitsendings

13-18 April Kyknet uitsendings

Ons prys God vir Sy getrouheid!  Net ‘n paar maande terug het julle saam met my begin bid vir oop deure in die media en siedaar!
Daar kry ek uit die bloute ‘n oproep van een van Kyknet se regisseurs vir Geestelike programme!  Hulle het dringend aanbieders nodig vir die Woord Van Die Dag oggend oordenkings.
Dit was nou waarlik ‘n pragtige antwoord op gebed en presies die regte ding op die regte tyd.  Ek het net 'n naweek gehad om voor te berei vir ses programme se inhoud, maar dit was nie te moeilik nie omdat die tema van gesinne en gesinsbediening warm in my hart brand.

Ek eer die Here vir die positiewe terugvoer wat ons ontvang het en nuwe vriendskappe wat ons kon smee.